‘n Vertaling van die Psalms uit die Griekse vertaling van die Septuagint word nou beskibaar gestel. Die Kerklike teks is deurgaans gebruik (die tekstradisie het verskeie wissellesings). Die Griekse vertaling van die Psalms is gewoonlik, indien nie altyd nie, deur die skrywers van die Nuwe Testament gebruik wanneer hulle uit die Psalmboek wou aanhaal, en dit het die Psalmboek van die Kerk geword. Dit verskil nogal soms heelwat van die Hebreeuse tekstradisie wat in die Afrikaanse vertalings neerslag gevind het. Plek-plek is die betekenis van sekere verse heel onduidelik en uiters raaiselagtig, maar die oorgrote meerderheid Psalms is heel toeganklik. Die vertaling is ‘n voorlopige poging en hopelik kan dit nog verbeter word.
Die Psalmboek uit die Septuagint vertaal
23 Wednesday Dec 2020
Posted Uncategorized
in