Tydens die Vastyd tussen die 1ste en 15de Augustus word die Groot en Klein Paraklisis om die beurt gesing. Daarom word die Groot Paraklisis nou, naas die Klein Paraklisis, beskikbaar gestel. Die vertaling is nie noodwendig geskik om op die sg. Bisantynse wysies gesing te word nie, maar sal wel op die gangbare Russiese wysies gedoen kan word. Die hoop is om mettertyd ‘n tweede weergawe beskikbaar te stel wat wel op die Bisantynse wysies gesing kan word. Dit sal waarskynlik daartoe lei dat die natuurlike vloei van die Afrikaans verwring sal word om by die wysies te pas. En begrippe sal omskryf moet word en selfs toevoeginge ondergaan, om dieselfde rede.