Die Mettediens vir Sondae en Feesdae is nou bygevoeg by die bladsy wat Vesperdienste bevat, wat nou gewysig is om Vesperdienste en Mettedienste te heet. Die ander vorme van Mettedienste sal hopelik mettertyd bygevoeg word. Die betrokke weergawe gee ‘n beeld van die gebruik in plaaslike gemeentes. Die Kanon word gewoonlik nie volledig gesing nie, met dalk hoogstens die Eerste en Derde Odes, indien enigsins. Boonop is die vertaling van die meeste Kanons nog nie gedoen nie. Soms word die Kanon wel volledig gesing, bv. by ‘n Fees van die Heer of Theotokos, indien beskikbaar.

Die Evangelielesing is by die korrekte posisie geplaas, net na die Prokimenon, hoewel daar gemeentes is waar dit eers na die 8ste Katawasia gelees word.