Liturgiedienste

Die Goddelike Liturgie van die Heilige Basilios word by tien geleenthede per jaar gevier en die Goddelike Liturgie van die Heilige Johannes Chrysostomos op die oorblywende dae. Die Liturgie van die Heilige Jakobus, die Broer van God (d.w.s. die halfbroer van die Here Jesus deur Josef sy voog) kan op 23 Oktober, sy Feesdag, gevier word, maar dit is nog nie vertaal nie. Die Goddelike Liturgie van die Voorafgewyde Gawes word tydens die Vastyd voor Paasfees en tydens Heilige Week op sekere dae gedoen. ‘n Aparte blad “Voorafgewyde Gawes” word ook geskep waar, naas die Liturgie, ook tekste vir daardie dienste geplaas word.

Die leser sal oplet dat o.s. tekste die onveranderlike gedeeltes van die Liturgie bevat, waarby die enkele veranderlike gesange, wat op die bepaalde dag waarop die Liturgie gevier word, pas, bygevoeg moet word. Om te sien hoe ‘n volledige Liturgie lyk, kan bv. na die onveranderlike Pasga/Paasfees Liturgie gekyk word op die bladsy wat dit bevat. Die Diens van die Prothesis wat die Liturgie voorafgaan, word ook hier geplaas, asook die Voorbereidings- en Dankseggingsgebede vir Heilige Kommunie.

Leave a Reply

Fill in your details below or click an icon to log in:

WordPress.com Logo

You are commenting using your WordPress.com account. Log Out / Change )

Twitter picture

You are commenting using your Twitter account. Log Out / Change )

Facebook photo

You are commenting using your Facebook account. Log Out / Change )

Google+ photo

You are commenting using your Google+ account. Log Out / Change )

Connecting to %s