Die Boetekanon-dienste van die Heilige Andreas van Kreta wat vanaf Maandag tot Donderdag in die Eerste Week van die Vastyd gedoen word, asook tydens Vyfde Week op Donderdagaand, word tans vertaal en sal met verloop van tyd te vinde wees by die bladsy genaamd Triodion 2. Die diens word gedurende die Eerste Week telkens binne-in die Groot Kompletediens ingevoeg (sien Kompletedienste), maar tydens die Vyfde Week op Donderdagaand word dit by die Mettediens ingevoeg.