Die sg. Moleben van Danksegging is nou beskikbaar onder die rubriek Paraklisis en Moleben-dienste. Dit word veral in die Russiese kerkpraktyk gesing om dankbaarheid teenoor God vir uitkoms in nood uit te druk, en is natuurlik van besondere belang vir die Ortodoks-Christelike gelowige, daar die versuim om dank vir uitkoms te betoon selfs die Here Jesus se verwytende navraag ontlok het.