Alkoholisme – nie-liturgiese hulpbronne

Hierdie bladsy bevat nie Ortodokse liturgiese dienste nie, maar wel strokiesprenttekste wat van hulp mag wees vir diegene wat met alkoholisme te doen het. Dit verskaf inligting oor die ontwikkeling van alkoholisme asook die rehabilitasieproses en die volgehoue stryd teen die bepaalde kwaal. Die tekeninge het in die laaste dekades vorige eeu ontstaan, in ‘n Protestantse konteks, nl. die van die NGSK of VGK, maar dis sedertdien effe opgedateer en hersien en van kleur voorsien waar dit in swart en wit was, en daar is dan nou ook verwysinge na die Ortodokse Kerk se belewenis, waar dit voorheen afwesig was. Die tekste word voorsien in ‘n vorm waarin dit as boekies gedruk kan word, vandaar ook die voorblaaie. Daar is nie kopiereg op die druk daarvan nie. So gebruik dit as jy dit nuttig vind.

Klaas Glasie 

Klaas Glasie voorblad

Appie Tawweman oor Alkoholisme 

Appie Tawweman voorblad

Appie Tawweman se Lewensverhaal 

Appie Tawweman Lewensverhaal voorblad