Die dienste van die sewe dae van die Week van Pasga, ook genoem die Week van Vernuwing, of Helderweek, is nou almal beskikbaar onder die titel Pasga, met Vesperdienste, Mettedienste en Liturgiedienste. Dis besonder mooi dienste, daar dit grootliks die Pasga-diens herhaal, met toevoeginge daagliks uit die Oktoig, volgens die 8 Tone. Hoe meer ons hierdie dienste vier, hoe beter!