Die Dienste van die Heilige Week en Pasga/Paasfees is nou hersien en gekorrigeer, en selfs uitgebrei, bv. die Vesperdienste van Liefde tydens Helderweek is nou volledig beskikbaar. Hierdie Vesperdienste is besonder vreugdevolle dienste, en is elke aand in ‘n ander musiektoon. Waar Griekse melodieie-aanduiding tydens Heilige Week-dienste langs die Toon-aanduiding aangebring is, beteken dit nie noodwendig dat die vertaling gemaklik op daardie wysies gesing kan word nie, hoewel dit wel soms so kan wees, met die nodige frasering en aanpassing.