Die Goddelike Liturgie van die Voorafgewyde Gawes is nou in vertaalde vorm beskikbaar, by die blaaie “Liturgiedienste” en “Voorafgewyde Gawes”. Hierdie Liturgie word net tydens die Vastyd voor Pasga gevier, en is besonder stemmig van aard. ‘n Musiekweergawe word D.V. eersdaags ook geplaas. Kort uittreksels uit die diens kan op Youtube gesien word, onder die soekwoorde “Orthodox Liturgy of the Presanctified Gifts”. Veral in die Russiese tradisie is die musiek besonder mooi. Die Afrikaanse musiek weergawe van die diens volg die Russiese musiektradisie.

Advertisements